Ekskuus meneer, ek is 'n las, wat dra jy so swaar, in daardie tas
Hy kyk skaars op, waai met die hand, loop in die straat af, deur stof en sand, deur stof en sand
Hy koop die letters, en sinne ook, bou paragrawe, dit hou nooit op
R5 vir 10, dit bly 'n bargain, verkoop sy verse, die woordesmous, die woordesmous
Klop aan 'n deur, hoop vir die beste, dit was 'n lang dag, dis kwart voor 6
Hoed in die hand, staan hy by 'n voordeur, kry sak almoese, dis beter as niks, dis beter as niks
Hy koop die letters, en sinne ook, bou paragrawe, dit hou nooit op
R5 vir 10, dit bly 'n bargain, verkoop sy verse, die woordesmous, die woordesmous